MAKLIKE MIKROGOLF WORTELKOEK


MAKLIKE MIKROGOLF WORTELKOEK
3 ryp piesangs
300 ml suiker
2 ekstra groot eiers
240 ml sonneblomolie
4 koppies gerasperde wortel
125 ml gekapte macadamianeute (pekaneute word gewoonlik gebruik)
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7.5 ml koeksoda
7.5 ml kaneel
5 ml sout

Gebruik ‘n groot mengbak. Druk die piesangs fyn, voeg die suiker by en meng met draadklopper. Voeg die eiers by, meng goed en daarna die olie en gerasperde wortel en meng goed. Gooi die neute by. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout by die wortelmengsel en meng goed. Smeer/spuit twee mikrogolf ringpanne of silikoon ringpanne en deel die mengsel in die twee panne. Plaas een pan op ‘n slag in mikrogolfoond op 100% krag vir 8-10 minute.

Roomkaasversiersel
60ml botter
250 g gladde roomkaas
5 ml vanielje essense
125 ml versiersuiker
neute vir versiering

Klits botter, roomkaas en vanielje saam tot glad en romerig. Sif versiersuiker by en meng tot glad. Smeer versiersel op afgekoelde koek en rond af met neute.
Resep en foto: Gillian Vermeulen