LEWER KOEKIES


LEWER KOEKIES
1 kg gemaalde lewer (skaap, bees of volstruis)
4 groot aartappels gerasper
2 uie, gerasper
2 eetlepels asyn
1 koppie koekmeel, gesif
2 eiers
6 teelepels bakpoeier

Meng alles goed saam.
Maak koekies en bak in ‘n bietjie olie.
Dit vries baie goed.
Lewer ongeveer 50 koekies.
Foto: Linda Diedericks