GEBAKTE HOENDER KASSEROL


GEBAKTE HOENDER KASSEROL
Ek het die volgende gedoen (ek het die resep so bietjie aangepas volgens dit wat ek gehad het) –
6 stukke hoender
1 ui
1 koppie rou rys
¼ pakkie bruin uiesoppoeier aangemaak met water
1 houertjie beef stock jellie
1 blik sampioene
sout, peper en knoffel tot smaak
genoeg botter om die hoender te dek

Meng gekapte uie, rys (ongekook), bruin uiesoppoeier, beef stock, sampioene, sout en peper saam in ‘n kasserol.
Voeg die hoender bo-op die rys mengsel, smeer met gesmelte botter en strooi met knoffel en pietersielie.
Maak die bak toe met foelie.
Bak teen 170ºC vir 60 min.
Haal die foelie af, en bak vir ‘n verdere 30 min of tot die rys gaar is en die hoender bruin/”crispy” is.
Foto en resep geplaas deur Madélynn Janse Van Rensburg