ELIZE SE EIE DURKY SOUS


ELIZE SE EIE DURKY SOUS
1/2 koppie coke of ginger ale
kwart koppie heuning
3 eetlepels soya sous
2 eetlepels asyn
1 eetlepel suurlemoensap
knippie sout
3 tot 4 eetlepels gemmerpoeier (na smaak)

Laat bogenoemde bestanddele saam opkook so vir 5 min
Maak pasta van 30 ml maizina en bietjie water, roer in kokende sousmengsel in en laat goed deurkook.
Laat effens afkoel.
Intussen neem 2 gehalveerde hoenderborsies, doop in bietjie melk, dan in gegeurde meel.
Braai tot goudbruin in olie. Bedien saam met rys en slaaitjie.
Gooi mildelik van die sous oor hoender.. Was heerlik!
Resep en foto:  Elize Senior Wolvaardt