4-LAAG WORTELKOEK


4-LAAG WORTELKOEK
Gebruik 2 x 22.5 mm panne
8 eiers
3 koppies suiker
2 koppies kookolie
4 koppies koekmeel
250 ml pekaneute
20 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml neutmuskaat
10 ml kaneel
650 g gerasperde wortels
5 piesangs

Versiersel:
90 g margarien
450 g versiersiersuiker
1 bakkie roomkaas
2 ml vanielje essens
pekaneute (vir versiering bo-op)

Klits eiers en suiker tot dik en romerig. Klits dan kookolie by en klits nog so 3 minute. In ander bak sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, neut en kaneel en voeg dan die pekanneute by. In ander bak rasper wortel en piesangs. Voeg dan die meelmengesel om die beurt by eiermengsel tesame met die wortelmengsel. Smeer/spuit twee ronde koekpanne en verdeel die beslag in die twee panne.
Bak vir 75 minute teen 160°C.

Klits die botter en versiersuiker saam, voeg dan die roomkaas en vanielje by en meng goed tot romerig. Sny die twee koeke in die helfte deur sodat daar vier lae is en smeer van die vulsel op elke laag om opmekaar te plak. Rond af met pekanneute.
Resep en foto: Maretha Niemand Prins