WASGOEDBONDELTJIE DEEG


WASGOEDBONDELTJIE DEEG
250 g Stork (of botter)
500 ml koekmeel
30 ml maizena
125 ml koue water
1 eiergeel
10 ml asyn
2.5 ml sout
Rasper botter en vryf in meel, sout en bakpoeier mengsel. Klits eiergeel, water en asyn. Maak aan. Verkoel deeg en werk uit yskas. Rol uit, sny in vierkante en vul met vleismengsel. Vou hoeke oormekaar en steek vas met kruie naeltjie. Bak in warm olie met naeltjie na onder.
Hierdie deeg is eintlik vir Wasgoedbondeltjies (vierkant met kruienaeltjie vasgesteek) maar dit bak jy in olie en is heerlik selfs koud. Jy kan dit rou of gaar vries en in laas genoemde geval net weer opwarm.
Resep: Kiti Citi