VERKOUE, HOES EN GRIEP RATE

VERKOUE, HOES EN GRIEP RATE
Silvia Knight:
Vir diegene wat soos ek, verkoue kry wanneer die somer begin. My ouma se hoes stroop, DIT WERK!!!
Tuisgemaakte Hoes Medisyne:
1 bottel heuning
1 botteltjie turlington
1 botteltjie bors druppels
1 bottel pepperment druppels
1 bottel Jamaika gemmer
Meng alles baie goed saam. Drink 1 Eetlepel soos benodig.
(Laasgenoemde maak die slym los sodat dit kan uitkom).
Dit hou vir maande in die yskas, sit sommer in ‘n Mrs Balls chutney bottel.
Ek is nie seker of babas dit kan drink nie, maar dit werk tot vir ‘n sinus drup. Dit is al wat ek gebruik.
Baie mense gooi roulynolie ook by om die keel te smeer.
Petro Van Dyk-Saayman Kretzen:
Lennon se hoesstroop is ook baie goed!! Vrek sleg, maar werk soos ‘n bom.
Lorinda Cloete:
Maak net seker dis regte heuning en nie die fake suiker stroop wat as heuning verkoop word.
Dewald Muller:
Ek het al so baie variasies gehoor en gesien. Maar ek dink met die jare sit mense hul eie bestanddele by. Nou ander dag een gelees met ‘n handvol knoffel huisies in.
Silvia Knight:
Daar is n ander stroop ook. 2 koppies suiker en 1 koppie asyn. Kook tot dik en gooi dit oor rou skywe uie en laat deurtrek. Maar soos jy sê elke ou het sy eie weergawe.
Sarie Mey:
2 botteltjies turlington
2 botteltjies bors druppels
1 bottel pepperment druppels
500 g heuning
500 ml gemmer brandewyn
2 eetlepels kaneel
Meng alles goed saam en eet ‘n eetlepel vol 4 keer per dag.
Dewald Muller:
Sarie Mey ek stem saam met jou resep, net die pepermint druppels is baie sterk en oorweldigend veral vir kinders. Ons het altyd net ‘n Eetlepel bygesit.
Hannie Steyn
Ek sal die een wat ek gebruik ook opsit.
Hoesgoed wat werk vir groot en klein.
Gebruik net hout of plastiek as jy dit meng en sluk.
Metaal is nie goed vir heuning nie.
500 g heuning,
1 botteltjie wit dulsies
Kwart botteltjie peppermintdruppels
1 botteltjie borsdruppels
1 botteltjie paragoriese elikser, (net by apteke agter die counter)
Ek het sommer so 2 spuite suurlemoensap by gegooi.
Meng die “bestanddele” saam en drink ‘n eetlepel 3 x per dag (volwassenes) en kids onder 12 – 1 teelepel 3 x p.d.