SAMPIOEN BANGLES VOORGEREG


SAMPIOEN BANGLES VOORGEREG
Ek het vanaand vir ‘n oudurfie die sampiejoen bangles gemaak in my rooi pannetjie oppie kole en sjoe dit was djeeeerlik.
1 pakkie knoppie sampioene
olie om in te bak
sout, peper en speserye van jou keuse
½ kopppie meel
1 geklitste eier
broodkrummels
tou

Meng ‘n bietjie sout, peper en chillie flakes of enige speserye van jou smaak met ‘n halwe koppie meel.
Doop dan een vir een ‘n pakkie knoppie sampioene eers in die meel dan in ‘n geklitste eier en dan in fyn broodkrummels.
Ryg so 9 of 10 op ‘n toutjie met ‘n seilnaald en knoop die toutjie se punte aan mekaar, die voordeel van die toutjie is jy draai 10 op ‘n slag om in die olie as jy dit bak.
Bak dan omtrent vir tien min in warm olie tot mooi goudbruin.
Gee dan vir elke gas ‘n stringetjie en hy breek dit af en dip.
Ons het dit geniet saam met sweet chillie sous.
Dit was sommer ghoof!
Foto en resep: Gideon Louw