ROOIBOK VLEISPASTEI


ROOIBOK VLEISPASTEI
Resep geplaas deur Duifie Miller
Foto: Duifie Miller
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg rooibok vleis
2 uie, opgesny
2 tamaties, opgesny
½ pakkie spek, in blokkies gesny
ongeveer 15-20 ml asyn
speserye-so bietjie van als:
sout
peper
bbq speserye
neutmuskaat
Mixed Spice
Cayenne peper
gemengde groente na smaak

Stoom vleis tot amper gaar saam met bogenoemde bestanddele, voeg dan gemengde groente by. Kook tot sag.
As daar baie sous in pot is, giet bietjie af, meng 2 teelepels Bisto met die bietjie sous wat jy afgegooi het en voeg weer by in die pot om sous bietjie dik te maak, kook net goed deur en laat staan dan om afkoel.
Spuit tert bakke of smeer met margarine.
Rol blaardeeg uit en plaas een helfte onder in bak.
Druk met vurk paar gaatjies.
Skep vleis in en smeer rand bo met bietjie melk en sit ander helfte deeg bo op.
Druk kante met vurk en maak weer met vurk paar gaatjies dat stoom kan ontsnap anders kook die sous langsaan uit of deeg pof.
Smeer melk met kwas bo op en versier die tert.
Ek bak in oond by 180ºC tot mooi bruin, blaardeeg hou van ‘n warm oond nie.
WENK:  Marinda Scheepers – Ek sit foil oor vir laaste halfuur. Anders word dit te gou bruin en is dit nog rou onder. Ook eier wit oor onderste kors.