PASTA ALA SARIE



PASTA ALA SARIE
250 g spaghetti
250 g sampioene, gesny
1 soetrissie, fyngekap (ek het 1 klein rooi- en 1 klein geel soetrissie gebruik)
500 g hoender filette, in blokkies gesny (250 g spek, russians of weense worsies kan ook gebruik word)
15 ml Italian rub
125 ml tamatiesous
250 g gerasperde kaas
1 groot ui, fyngekap
10 ml knoffel
1 pakkie tamatiesop
500 ml water
1 blik pitmielies
Kook spaghetti in sout water tot sag en dreineer.
Braai hoender (of keuse van vleisprodukte), uie, soetrissie, knoffel en sampioene saam tot gaar. Meng Italian rub by bogenoemde bestandele terwyl dit besig is om te braai.
Meng soppoeier met water, voeg tamatiesous by en laat kook.
Meng spaghetti, mielies en vleismengsel saam. Meng tamatiesop by en meng goed deur.
Strooi die helfte van die kaas op die boom van ‘n vuurvaste skottel.
Gooi spaghetti mengsel bo-op en bedek met die res van die kaas.
Strooi gerookte paprika en Italian kruie oor vir granering.
Bak vir 20 – 25 minute by 180°C grade.
Foto en resep: Elna Erasmus