MICHELLE SE WENNER BROODSLAAI


MICHELLE SE WENNER BROOD SLAAI
125 ml mayonnaise
15 ml mosterd
25 ml water
50 ml asyn
30 ml melk
60 ml suiker
4 eiers rou
4 eiers, gekook en in blokkies gesny
argurtjies, in wieletjies gesny
kaas blokkies
Brood (crutons) wat in blokkies gesny is en in olie gebraai is tot goud bruin.

Gooi alles in ‘n groot slaaibak.
Klits eiers en suiker tot skuim, meng water, mosterd en asyn, voeg by eiers en meng goed.
Roer oor matige hitte tot verdik.
Klits met ‘n eierklitser tot dit ‘n glazed tekstuur het. Jy moet vinning werk sodat die eierwit nie stol en wit frimmels maak nie en laat koel af. Roer die mayonnaise en melk by. Gooi ½ uur voor bediening oor res van die bestanddele.
Resep geplaas deur: Michelle du Plooy