MAGDE SE KORSLOSE SOUTTERT


MAGDE SE KORSLOSE SOUTTERT
24 kolwyntjie grootte of 2 groot terte (22 cm)
300 g spek, fyngekap en gebraai
1 groot ui, fyngekap en saam spek gebraai
1 blik suikermielies
1 blik bully beef, fyngemaak
300 g gerasperde kaas
20 ml fyn pietersielie
100 ml koekmeel
10 ml mosterdpoeier
300 ml melk
6 groot eiers, geklits
sout en peper na smaak (Ek het bietjie laventel speserye by gegooi.)

Meng alles en skep in voorbereide panne.
Bak vir kolwyntjies vir 25 minute en 35 minute vir groot terte by 180 ÂșC.
Nota:
Dit vries heerlik. Die kleintjies in ‘n plastiekbak met waspapier tussen in.
En die grotes net goed toemaak met glad wrap en ek’t al myne 6 weke in vrieskas gehou.
Foto en resep: Magde Van der Kolff