LEKKER KLAM GEMMERKOEKIES


LEKKER KLAM GEMMERKOEKIES
Resep geplaas deur Malanie Tolmay
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies nat bruinsuiker (hou een koppie eenkant)
2 koppies margarien
1 kg goue stroop
16 koppies koekmeel
4 eiers
3 eetlepels koeksoda
1 teelepel sout
2 eetlepels kaneel
5 eetlepels gemmer

Room die margarien en suiker deeglik. Meng eiers een vir een by.
Voeg die stroop by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by die mengsel.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die mengsel. Meng tot dit ‘n stywe deeg vorm.
Knie goed en voeg die koppie bruinsuiker by wat jy eenkant gehou het.
Knie die bruinsuiker in by die deeg.
Rol balletjies en pak op ‘n gesmeerde pan.
Bak in ‘n vooraf verhitte oond by 180°C grade vir 10 – 15 minute.
Dit is heerlike koekies. Dit vorm krake oor die koekie en die koekie is effens sag en taai in die middel.
Die resep halveer ek ook gewoonlik, dan kry ek so 150 koekies uit.
Ek het gemmerkoekie hartjies gemaak en hulle het mooi uitgekom. Gewone resep gevolg en met wax papier uitgerol.