IDEES VIR ERTJIES


IDEES VIR ERTJIES
Reinet Herman Šarović
Maak ertjie slaai.
Braai spek stukkies, sny klein kaasblokkies, sny halwe ui fyn.
Meng met mayonnaise en suurroom as jy het, en sout en peper. Heerlik.

Martie Steyn
Sny ‘n ui fyn. Kook so 2 eiers, sny op meng alles saam met bietjie mayonnaise en ertjies. Jy kan selfs ’n rooi rissie fyn opkap as jy van iets sterks hou.

Alta Barnard Praeg
Komkommer, ui, feta en mayonnaise. Heerlik. Ek het gisteraand blik mielies ingegooi saam ertjies.

Leoni Botha
As jy dalk soutkoekies soos bacon cips of enige ander het, maak so klomp fyn (nie te fyn), gooi by ertjies saam met mayonaisse. Kan bietjie kaas ook bysit. Lekker slaai.

Alta Gunter Van Dyk
Maak ertjies warm. Meng vlapoeier en bietjie suiker, knippie sout met water tot dit soos paste is, voeg by ertjies, kook deur, sit ‘n paar mint blaartjies bo neer, gee ‘n heerlike smaak.

Ruth Scholtz
Gooi water af en voeg mayonnaise en bietjie kondensmelk by. Bedien koud.

Tony Charmaine Jardine
Sny 1 ui in klein blokkies op, meng met mayonnaise en bedien koud as ‘n slaai. My mense is mal daaroor, tot die kleingoed hou daarvan.

Jeanine Philander Perrang
Kook wortels met bietjie suiker en kaneelstokkie, wanneer wortels klaar is, voeg blikkie ertjies by.

Leonie Adendorff Meiring
Gooi water af en voeg by klein blikkie gesnyde pynappel stukkies en dan mayonnaise, dis heerlik.

Madre Moolman
Ertjies met bietjie suiker, botter en melk met vla. Vla word gekook tot dik.
Ertjie slaai met bietjie mayonnaise en kondensmelk – kan blikkie pitmielies ook ingooi en stukkies spek wat gebraai is bo-op.

Hennenman Gastehuis
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel botter
1 eier

Meng, skep in pot met ertjies en ½ koppie suiker met water.
Sit deksel op moenie oopmaak voor vyftien minute om is nie.

Meisie Potgieter
Gooi al die vloeistowwe af. Braai ‘n fyngesnyde ui en ‘n blikkie groenboontjie(french cut) en gooi blikkie ertjies by. Bietjie sout en peper. Roerbraai so rukkie saam.