HOENDERLEWERTJIES EN SPEK


HOENDERLEWERTJIES EN SPEK
500 g hoenderlewertjies
1 ui, opgesny
200 g spek, in repies gesny
knoffel
Braai ui in olie, voeg bietjie knoffel by.
Roer spek by wat in repies gesny is.
Roerbraai op hoë hitte.
Voeg skoongemaakte lewertjies by saam met knippie fyn naeltjies, pienk sout en swart peper. Roerbraai tot net gaar en nog effentjies pienk in die middel.
Die geure is heerlik saam. Voedsaam. Bedien saam met groen groente. Low carb!
Nota: En as jy hierdie in ‘n food processor verwerk, het jy heerlike hoenderlewer patee.
Resep en foto: Louise Groenewald