HERDERSPASTEI MET TAMATIE EN UIE


HERDERSPASTEI MET TAMATIE EN UIE
Resep is genoeg vir een medium oond-glasbak.
5 meduim aartappels
1 kg meduim tamaties
3 groot uie
¼ koppie olie
1 kg beesmaalvleis
vars gekapte knoffel
rooipeper na smaak (ek hou van so bietjie brand)
sout na smaak
Kook aartappels tot sag (genoeg om bak se bokant te kan bedek). Maak fyn, geur met aromat en lepel botter.
Verhit jou oond tot 180 ºC.
Sny tamaties (skille verwyder) en uie mooi fyn en hou eenkant.
Braai die volgende in ‘n pan met die olie:
beesmaalvleis
vars gekapte knoffel na smaak
rooipeper na smaak (ek hou van so bietjie brand)
sout na smaak
Meng goed deur en braai tot half gaar.
Voeg die tamatie en uie mengsel by en braai tot alles gaar is (moenie olie bygooi nie, die tamaties maak sap)
Smeer ‘n medium plat glasbak met cook & spray.
Sit die maalvleis mengsel onder in en maak gelyk. Maak ‘n laag met aartappels bo-oor die maalvleis. Klits een eier en smeer oor die aartappels. Bak in vooraf verhitte oond tot mooi goudbruin bo. Bedien saam met gemengde groente, ens. van jou keuse.
Nota: Ek het nie my maalvleis se sousie afgeskep voor dit oond toe is nie. Indien jy ‘n droër variasie vleis onder die aartappellaag soek, skep af voor in bak skep. Die dis proe die volgende dag selfs lekkerder na die geure bietjie ingetrek het.
Foto en resep: Christelle van Rooyen