HASELNEUT EN PEER LAAGKOEK


HASELNEUT EN PEER LAAGKOEK
250 ml haselneute
300 ml gesifte koekmeel
knippie sout
125 g sagte margarien of botter
75 ml strooisuiker
1 blik (825 g) peer helftes, gedreineer
250 ml room

Voorverhit die oond to 180 º C
Rooster die neute in die oond tot bruin.
Vryf die neute in ‘n droë doek om die velletjies te verwyder.
Hou ‘n hand vol eenkant vir versiering. Kap die res van die neute fyn.
Sif die koekmeel en sout saam. Voeg die botter of margarien en strooisuiker by en vryf dit in tot gemeng.
Voeg die gekapte neute by en meng goed. Verkoel die deeg 20-30 minute in die vrieskas.
Verdeel die deeg in drie gelyke dele en rol elke deel uit in ‘n sirkel met deursnee van 23 cm.
Bak die sirkels 8-10 minute lank. Laat afkoel.

Hou 2-3 peerhelftes vir versiering en kap die res fyn.
Klits room tot styf.
Stapel lae soos volg op mekaar:
Koeklaag, pere, room. Herhaal die lae. Plaas die oorblywende koeksirkel bo-op en versier met room, pere en heel haselneute.
Geen foto wag vir Hannelie Grobler se foto.
Resep geplaas deur Meisie van der Colff