WARM AARTAPPELSLAAI MET SLAAISOUS


WARM AARTAPPELSLAAI MET SLAAISOUS
Weet julle, julle moet regtig bietjie gaan rondlees op ons blog. Daar is BAIE heerlike resepte en idees wat ek seker is die helfte van ons nog nooit raakgesien nie. So ‘n tyd terug soek ek vir iemand idees vir aartappelslaai en kom op hierdie klompie af.
http://www.foodloversrecipes.com/…/idees-vir-aartappelslaai/
So hier is my effe veranderde en kleiner weergawe van Marisa Olivier se idee.

½ sakkie klein aartappeltjies
½ pakkie streaky spek, klein geknip
¼ ui, in klein stukkies gesny
6-10 sampioene, in skywe gesny
¼ botteltjie Ina Paarman Honey and Mustard slaaisous (ek gebruik die creamy een)
sout
(nog sout en peper as jy nog wil oorstrooi)
Kook aartappels in skil in soutwater tot gaar en sny net middeldeur.
Braai ui, sampioene en spek in klein bietjie olie tot bruin en gaar.
Voeg alles bymekaar en gooi slaaisous oor (kan meer oorgooi as jy sou verkies), roer deur en bedien warm.
(Ek het bietjie droë pietersielie oorgestrooi, sommer vir die mooi!
Foto: Stien Rust
Resep geplaas deur Stien Rust