VLEIS KLUITJIES


VLEIS KLUITJIES
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
12,5 ml botter (margarien)
175 ml melk
Sif droĆ« bestanddele saam, vryf die smeer in en sny vloeistof in met ‘n slaplemmes. (Ek meng dit sommer met ‘n gewone lepel)
Jy kan vloeistof byvoeg indien die beslag te styf is. (Beslag kan eerder te slap wees as te styf.)
Doop ‘n lepel in die vleissous of sommer net enige water en skep lepels vol op jou sop of vleis.
Sit die deksel op en laat 10 na 15 min lank stadig kook.
Moenie oopmaak voor daar nie ten minste 10 min verstreke is nie. (Ek laat dit altyd vir 15 minute kook)
Resep geplaas deur Kobus Theunissen
Foto: Adam Cloete