SUE SE BROODROLLETJIES


SUE SE BROODROLLETJIES
6 koppies meel
1 teelepel sout
2 koppies lou water
1 pakkie gis
50 ml gesmelte botter
1 eetlepel suiker
Gooi alles bymekaar en knie tot elasties.
Rol balletjies en plaas in oondpan.
Laat rys tot amper dubbel die volume.
Bak by 180ÂșC vir 50 min of tot mooi ligbruin en gaar.
Sodra dit uit die oond uit kom smeer met water en dan botter.
Foto en resep: Sue Pretorius