ROMERIGE SAMPIOENE EN BROS SPEK OP PENNE


ROMERIGE SAMPIOENE EN BROS SPEK OP PENNE
(4 ruim porsies)
3 koppies rou penne
250 g sampioene
200 g streepspek
1 eetlepel botter, vir braai
tiemie, sout en peper, na smaak
1 eetlepel mielieblom
vars room
grasuie, vir garnering
Parmesan, na smaak

Braai eers die gesnyde spek stukkies in bietjie olie tot bros begin word. Haal uit die pan en sit op kombuispapier. Sit groot eetlepel botter in dieselfde pan by die olie van die spek en braai gesnyde bruin sampioene tot amper geen vog oor in pan. Sprinkel met vars tiemie en sout & peper na smaak. Meng 1 eetlepel mielieblom met klein bietjie melk en roer tot geen klontjies. Voeg nou genoeg vars room by om ongeveer ‘n koppie en half sous te maak. Roer dit by die sampioene in pan in en prut tot begin verdik. Bedien onmiddelik op gedreineerde penne, garneer met bietjie spek en fyn gesnipperde grasuitjies. Sit voor met Parmesan.
Resep en foto: Elsabie Templeton
2de Foto : Lindie le Roux