PANZAROTTI / CALZONI


PANZAROTTI / CALZONI
Vir die deeg:
Gebruik gekoopte brood deeg / gebruik vetkoek deeg.
500 g wors
500 g Ricotta kaas

Rol deeg uit op meel bestrooide blad. Sny deeg in sirkels.
Haal die vel van wors af, maak vleis los en braai tot gaar.
Meng die gaar wors met ricotta kaas.
Skep lepel vol in die middel van die deeg en vou toe.
Druk die kante met ‘n vurk toe sodat dit nie uitkook nie.
Braai in medium warm olie tot goud bruin.

Jy kan enige vulsel insit.
Tamatie en mozzarella
Ricotta en bacon
Spinasie en ricotto/ room kaas
Sampioene en hoender met feta
Resep en foto: Talana Lana Botes