ONTBEENDE VARKNEK MET ROOSMARYN EN SALIE



ONTBEENDE VARKNEK MET ROOSMARYN EN SALIE
1.5 kg ontbeende varknek
2 eetlepel knoffelvlokkies
2 eetlepel elk vars roosmaryn en salie, gekap
20 ml vars tiemie, gekap
2 suurlemoene se gerasperde skil
½ teelepel chillie flakes
1 eetlepel sout
peper na smaak
2 eetlepels olyfolie
Aartappels:
4 groterige aartappels, geskil en in stukke gesny
1 eetlepel knoffelflokkies
paar tiemie takkies
bietjie olyfolie
sout en peper
Maak snytjies in die vleis en druk die kruie, sout, chillieflakes en suurlemoenskil in die gaatjies en smeer die res oor die vleis, sprinkel ook sout en peper na smaak oor die vleis.
Sprinkel ook die olyfolie oor die vleis.
Ons het dit met foelie toegemaak en op ‘n oondrak in n pan geplaas waarin die aartappels ook gepak is
Die aartappels is besprinkel met olyfolie en ook met sout, peper, knoffel en tiemietakkies voeg ook ‘n bietjie water in die pan.
Plaas dan in die oond wat voorverhit is op 180ºC vir 2 tot 3 ure.
Verwyder die foelie en grill vir ‘n paar minute.
Foto: Gideon Louw