MELKTERT VAN MA ANNATJIE

MELKTERT VAN MA ANNATJIE
Resep geplaas deur Kiti City
Foto:Annelize van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
Kors
100 g botter
350 ml koekmeel
1 eier
15 ml bakpoeier
50 ml melk
knippie sout
75 ml suiker

Meng en druk vas in gesmeerde tertbord. As te slap is vir vasdruk, voeg nog bietjie meel by. Bak teen 180ºC vir 10-15 minute tot goudbruin en gaar.

Vulsel vir melktert
50 ml koekmeel
50 ml maizena
100 g botter
2 eiers, geklits
knippie sout
750 ml melk
10 ml vanilla
175 ml suiker

Kook 500 ml van die melk met botter en suiker. Terwyl dit kook, meng eiers, oorblywende 250 ml melk, vanilla, sout, meel en maizena. Gietdie eiermengsel deur ‘n sif in ‘n skoon bak groot genoeg vir 1 liter. As die melk net wil begin kook (hoef nie op te kook nie, jy “scald” dit net) voeg dit op die eiermengsel in die bak. As jou pot aangebrand is onder, vat ‘n nuwe pot, of as daar net solid stukkies melk vassit, krap dit net af met ‘n spatula en spoel jou pot uit.
Sit mengsel terug in die pot en roer met ‘n draadklitser terwyl dit dik word.
Skep in jou doppe en strooi kaneel oor. Laat heeltemal koud word voor jy in die yskas sit, anders bars dit van die skielike afkoel.
Nota: Kiti City
My resep gebruik bietjie meer meel en maizena as gewone resepte want ek vind dit maak vir ‘n meer stabiele tert. My suiker is ook meer want my man het ‘n vreeslike soet tand as dit by melktert kom.
Kommentaar: Foto: Frances Smith – my resep is basies dieselfde as hare, klein verskil met die eiers se byvoeging en myne het nie vanilla in nie maar die bestanddele is basies identies

NOTA: Ek het “cream crackers” vir die kors gebruik.