KLAAS SE LEKKER KERRIEHOENDER



KLAAS SE LEKKER KERRIEHOENDER
Eerste plek, ek gebruik ‘n yster pot en ek werk in die oond.
Ek kook uit my kop uit want ek kook om ‘n sekere effek te hê. Dit hou dit uitdagend.
Kap ‘n lekker groot ui in skywe en braai saam met so spatsel olyfolie oor matige hitte.
Voeg ‘n teelepel Anys by, 1 teelepel Origano en 1 teelepel Roosmaryn. Vars kruie is beter as jy wil.
Opsioneel is so 3 chillies in wiele gesny en saam met die uie in die pot.
Op die stadium kan jy so 1 teelepel Ina Paarman Chicken spice by roer. Ina Paarman se Rosemary and Olive werk nogal lekker.
Skep jou uie uit en braai ‘n mooi skoongemaakte Pick n Pay hoender starpack ligbruin aan elke kant.
Skud so 1 teelepel Rajah Medium en 1 teelepel Ina Paarman oor die gebraaide gedeeltes. Doen beide kante so en laat hom finaal op die beenkant braai.
Hier twyfel ek gewoonlik en gooi maar vir die wis en onwis ‘n derde teelepel kerrie by.
Gooi so half koppie water by of tot die hoender net uitsteek bo die water.
Draai jou hitte af dat hy nie te vinning kook nie en laat hom prut terwyl jy groente regmaak.
Maak jou oond reg vir 180ºC.
Ek gebruik Pick ‘n Pay se Baby Potatoes (nie salad potatoes nie, hulle sukkel om sag te raak) en meet so drie vir elke persoon.
Drie lekker groot geelwortels, geskil en in wiele gesny is volgende. Wiele moet so cm of bietjie dikker wees.
Gooi jou groente by en laat groente net uitseek bo die water as nodig voeg nog koppie water by.
Voor ek oond toe gaan, gooi ek so 3 eetlepels lensies by en twyfel ‘n paar sekondes voor ek nog so half lepel bygooi.
Krap jou lensies maar so dat hulle effens water kry
Laat hom in die oond bak met deksel op vir so 45 min.
Op 45 min maak ek ‘n mengel van 500 ml room, 2 eetlepels chutney en 1 pakkie sampioen soppoeier by. Roer hierdie mengsel tot sy klonte uit is en gooi oor jou pot kerrie.
Lig jou kerrie dat jou sous lekker ondertoe inloop, sit jou oond af, die die kerrie in die oond en dek tafel. Sit voor met Basmati rys en geniet!!
Resep: Klaas Prinsloo
Foto: Frances Smith