HOENDER MUFFINS


HOENDER MUFFINS
Foto en resep: Amalia Van Staden
FOOD LOVERS RECIPES
Aandete: hoender muffins met gebraaide uie, mushrooms en eier saam ‘n lekker avokado mengel slaai.
2 hoenderborsies, gaar en gevlok
1 ui, gesny
6 sampioene, gesny
1 koppie kool en wortel, gesny
8 eiers, geklits en gemeng met dieselfde hoeveelheid melk as wat die eiers in die maatbeker is
gerasperde kaas

Braai die uie, sampioene, kool- en wortel saam in bietjie olie en botter met lekker speserye (ek het chakalaka spice bygesit vir ‘n bietjie byt). Meng die gaar hoender by.
Wanneer gaar, skep onder in muffin pannetjie en sit gerasperde kaas bo-op.
Meng eiers met melk en vul muffin kelkies tot bo.
Bak dan in oond by 180°C tot eier gaar is.
Dit het presies vir my 12 muffins gegee.