GIDEON SE MINI FRIKKADELLE


GIDEON SE MINI FRIKKADELLE
Resepte en foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Ek’t die minidelletjies aanmekaar geslat vir vannaand oppie kole in my pannetjie.
Ek’t ook ‘n dippie aangemaak om saam met dit te geniet.
500 g lamsmaalvleis (selfgemaak)
1 eier
1 eetlepel droë pietersielie
1 teelepel sout
1 teelepel peper
½ koppie broodkrummels (selfgemaak)
2 eetlepels Sriracha sous
3 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels sweet chillie sous
½ medium groot ui, fyn gekap
bietjie fyngekapte tiemie
bietjie vars fyngekapte pietersielie
bietjie olie om in te bak

Meng alles saam, behalwe die olie en maak klein balletjies omtrent so groot soos ‘n groterige albaster.
Ek het 65 gemaak en gaan dit oppie kole in my pannetjie bak.

DIPSOUS:
3 eetlepels sweet chillie sous
3 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels Sriracha sous
1 eetlepels chutney

Meng alles saam.
Ons gaan tandestokkies gebruik om die minidelletjies in die sous mee te dip.