CARBONARA SOUS


CARBONARA SOUS
Hier is vir julle die Italiaanse resep hier uit Italiƫ uit.
Kook spaghetti.
En braai spek of pork rashers, die sonder been (ek en my Italiaanse man het uitgevind rashers is die naaste aan regte pancetta toe ons onlangs in S.A gekuier het).
Vir 500 g pasta, meng 5 eiergele en 1 heel eier met ongeveer 100 g parmesan kaas.
Wanneer jou pasta gaar is (nie heeltemal sag gekook nie), gooi die gaar spek en eier mengsel by.
Sit terug op die plaat en roer deur tot eier gaar genoeg is na jou smaak.
Sover ek weet was die oorspronlike resep se eiers nie gaar gemaak nie dis net so by die warm pasta ingemeng en dit sou die eier genoeg gaar maak. Dit hang van jou smaak af.
Resep: Talana Lana Botes