SKAAP SKENKELS IN DIE PRUTPOT


SKAAP SKENKELS IN DIE PRUTPOT
Ek het die skenkels in die “slow cooker” gemaak.
Plaas die 2 groot heel skenkels in die bak en voeg die volgende by:
3 – 4 koppies hoender exstrak
2 wortels, opgesny
2 pruie, gekap
2 uie, gekap
naeltjies en sout peper na smaak
Prut vir 5 – 6 ure op hoog, hang af van die grote van die skenkels.
En dan verdik ek net die souse met maizina wat met bietjie water gemeng is.
En dit is reg om te bedien.
Foto en resep: Christo Anderson