SJOKOLADE EN MAASKAAS KOEK OF POEDING

SJOKOLADE EN MAASKAAS KOEK OF POEDING
375 ml koekmeel
5 ml koeksoda
200 ml suiker
1 ml sout
50 ml kakao
250 ml water
125 ml olie
12,5 ml wit asyn
5 ml vanilla geursel
1 blok (100 g) vrugte-en-neutsjokolade
250 g geroomde maaskaas
1 ekstra-groot eier
75 ml suiker, ekstra
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n 20 x 20 cm oondvaste bak met botter of kleefwerende kossproei. *ek vind 20 x 30 cm, of bietjie groter ronde bak beter.*
Sif en meng die meel, koeksoda, suiker, sout en kakao en hou eenkant.
Klits die water, olie asyn en geursel saam en voeg by die droë bestanddele, meng goed deur met draadklitser.
Giet in die voorbereide bak.
Breek die blok sjokolade in die helfte. Breek die een helfte in blokkies en kap die ander helfte grof.
Druk die sjokoladeblokkies in die beslag.
Meng die maaskaas, eier en suiker saam en skep met lepel liggies op beslag.
Sprinkel die gekapte sjokolade bo-oor.
Bak 40 min lank in die oond tot gaar of totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek uitkom.
Lewer een gemiddelde koek.
Bedien met room of vla.
Resep en Foto: Tursa Triegaardt