SAMPIOENE PASTEI

SAMPIOENE PASTEI
200 g bacon bites
15 ml olyfolie
4 preie, in skyfies gesny
6 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g knopie sampioene, in kwarte gesny
200 g spinasie, gesnipper
1 eetlepel meel
1 koppie room
1 suurlemoen se gerasperde skil
1 teelepel chillie flakes
Sout en swart gemaalde peper na smaak ( ons het 2 teelepels sout gebruik )

Krummelkors :
100 g cream crackers, fyngerol
1/4 koppie botter, gesmelt
100 g belee cheddar kaas
1 handvol gekapte pietersielie vir voorsit

Voorverhit die oond tot 230°C.
In ‘n pan braai die spek tot lekker bros en hou eenkant.
In dieselfde pan verhit die olie en braai die preie en knoffel tot sag.
Voeg die sampioene by en roerbraai vir 10 min en voeg die spinasie by en braai tot verwelk.
Strooi die meel oor en roer deur.
Giet die room by op lae hitte en prut vir 5 min.
Geur met die suurlemoen en chillie flakes en sout en peper na smaak.
Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak.
Krummelkors:
Meng alles goed en sprinkel dit oor die sampioene mengsel.
Bak vir 10 min of tot goudbruin in die oond.
Sprinkel pietersielie oor en sit voor.
Foto : Gideon Louw
Resep geplaas deur Gideon Louw