MIEMIE SE MALVALEKKER MOUSSE


MIEMIE SE MALVALEKKERS MOUSSE
18 tot 24 Malvalekkers
150 g donker sjokolade
1 blik Ideal Melk, 24 uur verkoel

Smelt Malvalekkers, sjokolade en 100 ml Ideal Melk saam.  Laat effens afkoel.
Klits res van die Ideal Melk styf en meng alles saam. Klits sommer goed anders gaan le die sjokolade onder in die bak. Sit in klein aparte porsie bakkies of in een groot tert bak ongeveer 20 x 20 cm.
Plaas in die yskas om te stol.
Bedien soos verkies.
Resep: Miemie Van Zijl Greyling
Foto:  Rina Kleinhans