LELANE SE GESONDHEIDSKOEKIES


LELANE SE GESONDHEIDSKOEKIES
2 koppies nutty wheat meel
4 koppies oats – hier het ek twee koppies oats en twee koppies muesli gebruik
2 koppies klapper
2 koppies bruin suiker
250 g botter of margarien – ek het bietjie meer gebruik sê so 2 eetlepels
5 teelepels heuning, opgehoop
2 teelepels koeksoda
Smelt botter en stroop. Voeg koeksoda by.
Meng droë bestanddele, gooi stroop by en meng, gooi in oondpan en druk vas, bak vir 10/15 min op 180 grade C.
Resep en Foto: Lelane Van Der Walt