LEKKER LEMOENTERT

LEKKER LEMOENTERT
Vir die kors:
8 koppie graanvlokkies
4 eetlepels suiker
250 g botter gesmelt
Maak vlokkies fyn, meng al die bestanddele en bak vir 10 min in oond van 200°C.

Vir vulsel:
1 koppie suiker
500 ml water
skil en sap van 4 klein lemoene
4 eetlepels vlapoeier

Kook suiker, water, sap en skil saam vir 15 minute. Roer vlapoeier by en kook, gooi oor kors. Verkoel en versier met styfgeklopte room!
Resep geplaas deur Leandri Potgieter
Foto: Leandri Potgieter