LEKKER GEBAKTE HOENDER EN NOEDEL GEREG


LEKKER GEBAKTE HOENDER EN NOEDEL GEREG
1 heel hoender
250 g noedels
100 ml mayonnaise
150 g pak Simba chips (enige geur), fyngemaak
400 ml witsous (maak jou eie of maak twee pakkies kits witsouspoeier aan met 400 ml water)
2 eiers
Kook hoender sag en vlok. Kook noedels tot gaar. Meng gaar hoender, noedels, mayonnaise en helfte van chips.
Skep in oondbak.
Klits witsous en eiers saam en giet oor hoender in oondbak. Sprinkel res van chips oor. Bak vir 30 minute by 180ÂșC.
Resep geplaas deur RuaanEmmarentia Bolton
Foto: RuaanEmmarentia Bolton