KERRIEHOENDER IN PRUTPOT


KERRIEHOENDER IN PRUTPOT
Resep en foto: Mae van der Westhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg hoender stukkies
1 groot ui, opgekap
2 eetlepels olie
6 wortels, geskil en gekap
4 groot artappels, geskil en in blokkies gesny
sout en peper, na smaak
3 eetlepels kerrie poeier
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel knoffel
2 hoender aftreksel blokkies
ongeveer 2 – 3 koppies kook water

Sit olie in pot en braai hoender tot alkant bruin. Haal uit en sit eenkant. Braai ui tot net sag.
Sit aartappel en wortels in prut pot. Sit hoender stukke en ui bo-op. Geur met sout en peper.
Sit kook water in pot waarin die hoender gebraai is. Sit aftreksel blokkies, gemmer, knoffel, kerrie poeier en appelkoos konfyt in pot saam water en roer tot blokkies opgelos is en al die lekkerte van pot bodem af is. Giet vloeistof oor hoender en groente in prutpot.
Sit deksel op en los om te kook tot groente sag is op hoog.
Bedien saam rys.
Nota:  Verdik sous indien nodig
Nota: Rina Kleinhans
Ek het die vloeistof aangepas, want vir ‘n prutpot gebruik mens baie min vloeistof,  omdat dit vloeistof meer word tydens die gaarmaak poses en nie minder soos op die stoof nie. Indien jy meer sous wil hê kan jy dit vermeerder en verdik op die einde.