GEROOMDE PITMIELIEGEBAK


GEROOMDE PITMIELIEGEBAK
15 ml botter of margarien vir smeer
50 ml droë broodkrummels
50 ml botter of margarien
30 ml koekmeel
knippie sout, rooipeper en gerasperde neutmuskaat
250 ml melk
3 eiers, geskei
15 ml fyngekapte groen soetrissie (opsioneel)
15 ml fyngekapte geel soetrissie
15 ml fyngekapte rooi soetrissie
30 ml fyngekapte ui of sprietui
1 x 400 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml gerasperde

Voorhit die oond tot 170 °C.
Smeer 1 liter reghoekige, vlak oondskottel met botter.
Strooi genoeg broodkrummels in die gesmeerde bak om
die bodem en kante goed te bedek.
Smelt botter, meelblom en geurmiddels saam.
Voeg die melk by en verhit oor matige hitte tot kookpunt.
Roer aanhoudend met klitser tot gladde, dik sous vorm.
Hou eenkant.
Klits die eiergele liggies saam met die soetrissies en uie,
Voeg dit en die mielies saam met helfte van die kaas by sous.
Roer tot dit goed gemeng is.
Klop die eierwitte styf en vou dit liggies by die mengsel, die mengsel moet nog skuimerig wees.
Giet in die oondbak en strooi die oorblywende kaas bo-oor.
Bak ongeveer vir 25 min of tot dit ferm en goudbruin is.
Keer uit op ‘n bord en plaas op ‘n opdienbord.
Resep geplaas deur Sue Pretorius
Foto: Sue Pretorius