AMANDEL, KERSIE EN GRAPPA BISCOTTI


AMANDEL, KERSIE EN GRAPPA BISCOTTI
Lewer 10 dosyn biscotti afhangende van hoe groot jy dit sny.
6 ekstra groot eiers teen kamertemperatuur
250 ml suiker
fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
250 ml olie
5 x 250 ml bruismeel
knippie sout
klein skeut Grappa (30 ml)
250-500 ml grofgekapte amandel (Ek het nie amandels gehad en gooi toe sommer 20 ml amandel geursel by)
250 ml gesnyde rooi kersies
Voorverhit die oond tot 200°C en voer ‘n gesmeerde oondbak met bakpapier uit. Smeer weer die papier of spuit met kleefvrye sproei.
Klits die eiers en suiker goed saam tot lig en donsig. Voeg die fyngerasperde suurlemoenskil en olie by en klits goed.
Sif die meel en sout oor en voeg die grappa en amandels by. Meng goed en skep in die voorbereide bak.
Bak vir ongeveer 20 min. Laat vir paar minute staan in die pan en keer dan uit op draadrak om verder af te koel tot by kamertemperatuur.
Sny die biscotti in stukke, pak op bakplate en droog teen 90°C tot goed droog. Laat afkoel in die oond tot heeltemal koud en pak weg in lugdigte houers.
Resep en foto: Elsabie Templeton