ALTA SE BOONTJIESOP


ALTA SE BOONTJIESOP
Resep: Alta Gunter Van Dyk
Foto: Ellie Diederiks Botha
FOOD LOVERS RECIPES
Ek maak groot hoeveelheid vir vrieskas.
4 pakkies boontjies, oornag geweek in water
Volgende dag, spoel goed af.
Kook boontjies saam met beesskenkel en stukkie varkskenkel, jou water moet jou vleis en boontjies toe maak, kook tot amper sag.
Rasper 6 wortels en 6 aartappels, gebruik 4 pakkie mutton en veggie Knorr soppoeier en daarmee meng jy ‘n kwart koppie Worchestersous en 2 koppies water, voeg by sop.
Voeg sout, peper en aromat by volgens smaak.
Nota:
Wat ek ook doen, ek skep so helfte van boontjies uit kastrol en druk dit fyn, gooi weer terug in kastrol, dit verdik ook jou sop.