AARBEI KLAPPERYS


AARBEI KLAPPERYS
Neem ‘n mengbak en gooi bymekaar:
500 g versiersuiker
400 g klapper
1 blik kondensmelk
Meng goed deur met ‘n houtlepel – die mengsel sal lekker styf wees.
Verdeel in twee, in die mengsel wat wit bly gooi 5 ml vanilla essense by, druk in ‘n gesmeerde houer (‘n glas oondbak werk altyd lekker).
Voeg ‘n paar klein druppels pink voedselkleursel by die ander mengsel en 5 ml aarbei essense.
Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas.
Laat staan vir 1 tot 2 ure en sny in blokke.
Resep geplaas deur Arushka Bothma
Foto: Arushka Bothma