SPOG WORTELKOEK

SPOG WORTELKOEK
625 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
7.5 ml koeksoda
15 ml fyn kaneel
knypie sout
375 ml witsuiker
310 ml kookolie
4 x  ekstra groot eiers
500 ml fyngerasperde wortels
250 ml fyn pynappel (dreineer meeste van die stroop, maar nie alles nie)
125 ml gekapte pekanneute (opsioneel)
60 ml appelkooskonfyt

Sif die droë bestanddele 2 x saam (behalwe koeksoda). Klop suiker, olie en eiers saam tot goed germeng – sowat 3 minute teen hoe snelheid met ‘n elektriese klitser. Voeg die wortels, pynappel en appelkooskonfyt by en meng deur. Roer die koeksoda by. Voeg die droë bestanddele by en meng liggies tot eweredig vermeng. Smeer en voer 3 laagkoekpanne. Verdeel mengsel eweredig en bak by 180 ⁰C vir +- 30 minute of tot gaar. Kan ook in 28 cm buispan gebak word vir 45 minute tot 1 uur tot gaar.

Versiersel:
125 ml botter of margarien
500 g versiersuiker
10 ml vanielje geursel
roomkaas

Klits die botter en voeg versiersuiker en roomkaas bietjies bietjies by totdat versiersel die verlangde dikte bereik. Versier die afgekoelde koeklae hiermee en strooi fyn pekanneute bo oor vir versiering.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn