ROOI KOEK KLEURSEL IDEES


ROOI KOEK KLEURSEL IDEES
Cindy Menigo
Maak eerstens jou botterversiersel met die wit wooden spoon margarine pleks van gewone geel. Gebruik poeier kleursel soos reeds voorgestel. Kan selfs bietjie swart poeier kleursel bysit om dieper kleur te kry. Onthou net poeierkleursel kleur ook mond en tande as eet.
Lorraine Swart
Gebruik super red gel kleursel en rooi poeier. Dit moet ten minste 2 dae voor die tyd aangemaak word want dit moet “trou”. Jy gebruik taamlik baie gel en poeier op ‘n kg versiersuiker, omtrent halwe botteltjie gel en kwart poeier. Meng deur tussen in. Sterkte dis ‘n kleur wat ek met ‘n swaar hart aanpak. Om jou rooi te verdiep kan jy rooi glitter oor jou finale produk strooi.
Cindy Menigo
Pasop net vir oormeng ook as jy bly kleur bysit. Dan sit jy met versiersel wat lyk soos roereiers wat kleursel uitsweet!
Janieta Nell
Vir hierdie rooi het ek minder as ‘n teelepel “Super Red” jel-kleursel en bietjie “Wine Red” poeier-kleursel gebruik saam met wit Wooden spoon margarien. Dit het so rooi geword nadat ek dit gestoom het.
Foto: Janieta Nell
Wendy Coetzer
Ek gebruik wit wooden spoon en rooi gel kleur en ‘n titsel koeksoda werk 100%.
Anita Janse van Rensburg
Ek gebruik ponchau kleur van rolkem saam superrooi gel en wit woodenspoon margarien.