RISSIE PERI PERI “RELISH”


RISSIE PERI PERI “RELISH”
Dit is baie lekker.
125 ml asyn
45 ml tamatie pasta
30 ml sonneblom olie
15 ml suiker
10 ml sout
3 groot uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
20 na 30 groen en rooi rissies, fyngekap

Meng alles in ‘n pot en bring tot kookpunt. Laat dan verder op ‘n lae hitte vir ongeveer 1 uur prut totdat die meeste vog verdamp het. Bottel warm. Bêre in yskas as bottel oopgemaak is.
Resep en foto: Stoney Steenbergen