PORK BELLY MET VINKEL


PORK BELLY MET VINKEL
Hier is my Pork Belly. Dit is heerlik en sappig.
1 kg pork belly
1 greenpepper en redpepper, grof opgesny
1 groot rooi/pers ui, opgekerf
4 vars toontjies knoffel, fyngekap
1 teelepel tiemie
sout en peper, grof uitgedraai
(Vinkel is ‘n belangrike bestanddeel. Ek het nie gehad)
1 koppie Lappies marinade (marinade afdeling van winkels)
Braai pork belly aan albei kante so vir 2 min in bietjie olie. Haal uit.
Braai al die groente so vir 3 min met sout en peper en tiemie.
Gooi die sous bo-oor die groente in bak waarin jy die vleis gaan bak.
Sit die vleis bo-op die groente en sous.
Draai growwe sout en peper uit en werk in vet glefies in.
Bak vir ‘n 1 ½ uur by 180°C met deksel op.
Bak dan oop vir ‘n half uur op 180°C en drip sousies oor vet deel.
Dit kom lekker crispy uit.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff