MIELIEPOFFERTJIES


MIELIEPOFFERTJIES
Sif alles saam:
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel aromat
Maak holte in middel.
Klits saam
1 ½ koppie melk
2 eiers
2 eetlepels olie
1 blik roommielies, (gewone grote)
Voeg alles saam in meel, meng goed.
Redelike slap degie, voeg nog geurmiddels by indien verkies.
Bak lepelsvol in warm, diep olie tot bruin en gaar.
Dreineer op handdoek papier.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk