LIZA SE LEKKERSTE PANNEKOEKE


LIZA SE LEKKERSTE PANNEKOEKE
Ongeveer 25 dun pannekoeke.
2 koppies koekmeel, gesif
2 koppies melk
2 eiers
1 koppie water
2 eetlepels olie
Ek het melk, water, olie en eiers baie goed geklits en meel gemeng.
Bak pannekoek soos normaal in warm pannekoek pan.
Resep en Foto: Liza Botes –
Vandag gemaak en wraggies nie 1 flop nie en so lig en lekkerrrrrr. Baie dankie vir die awesome groep. Van dit soet gemaak en van dit lekker aandete met creamy savoury mince. Ek kon die pannekoek sommer so dun maak.