HOENDERWORSIE EN SPINASIE SOUTTERT

HOENDERWORSIE EN SPINASIE SOUTTERT
Mikrogolf Witsous:
Maak 1 liter melk sterk warm en haal uit.
Smelt 125 g margarien.
Voeg 8 opgehoopte desertlepels meel by.
Meng en klits by melk in.
Sit terug in mikrogolfoond en kook op hoog vir 2½ minute.
Haal uit en roer goed en kook weer op hoog vir 3 minute.
As nog nie styf genoeg is nie, kook vir nog 2-3 minute. (Moet ‘n stywe witsous wees)

Voeg nou by:
3 groot uie, gekap en gesmoor in ‘n bietjie olie
12 hoenderworsies, in ringetjies gesny
500 g klaar geblansjeerde spinasie, fyngekap
1½ teelepels sout
1 teelepel droë pietersielie
½ teelepel peri-peri
groot hand vol Cheddar kaas
Roer goed. Laat ‘n bietjie afkoel en voeg dan 3 geklitste eiers by.
Bak 45 tot 50 minute teen 180°C.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld