GIDEON SE LAMSBLAD


GIDEON SE LAMSBLAD
As julle ooit kan, maak ‘n heel blad op die manier gaar, dit was uit die boeke uit djeeeeerlik
Sjoe!
Ek’t ‘n heel lamsblad in ‘n oondvaste skottel geplaas
Ek’t die volgende speserye ruim daaroor gestrooi
swartpeper
chillie flakes
knoffel vlokkies
Italian herbs
sage
oreganum
roosmaryn
Ek’t toe ‘n suurlemoen in kwarte gesny en op die hoeke van die bak geplaas.
Ek’t ‘n uie grof in blokke gesny en rondom die vleis gepak.
Ek’t twee Knorr ekstrak blokkies met ‘n halwe koppie water gemeng en in die bak gegiet rondom die vleis.
Ek’t die bak toegemaak met foelie en in die oond geplaas wat gestel was op 120°C en dit vir vier ure so gelos.
Ek’t dit toe uitgehaal en drie aartappels in stukke gesny en langs die vleis in die sous ingedruk asook drie wortels en terselfdertyd sout na smaak bygesit dit weer toegemaak met die foelie en weer in die oond en die hitte opgdraai na 140°C.
Dit het toe vir ‘n verdere uur gebak.
Ek’t dit toe uitgehaal en ‘n bietjie van die warm sous uit die bak uitgeskep, en twee teelepels mielieblom bygevoeg en gemeng en dit weer by die sous in die bak bygeroer.
En dit vir nog ‘n halfuur laat bak net die foelie afgehaal.
Ons kon nie die versoeking weerstaan om smash by te maak om saam met daai lekker sous te kan geniet nie. Ekt ‘n skep smash geskep en ‘n bakkie gevorm in die middel en dit gevul met daai lekker uierige vleis sous.
Vroulief het ook vir ons pampoen gekook en ook ‘n skeppie beet-atjar saam met daai lekker sawwe bladvleis.
Hmmmmmm ek weet nou hoe ‘n koning voel!
Foto en Resep: Gideon Louw