EENVOUDIGE WORTELLEKKERS

EENVOUDIGE WORTELLEKKERS
1 kg geel wortels
suiker
lemoen- of suurlemoensap
water

Skil en rasper die wortels, voeg ‘n bietjie lemoen-of suurlemoensap en water by en kook dit tot ‘n pulp.
Meet die pulp af en voeg 100 g witsuiker by elke 250 ml pulp.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt. (roer tot die suiker opgelos het)
Kook dit verder tot dit van die wand van die kastrol loskom (roer gereeld).
Sprei die mengsel in ‘n gesmeerde vlak pan oop en laat afkoel.
Sny dit in blokkies wanneer koud en rol dit in witsuiker.
Variasie – Vervang die helfte van die wortels met appels, pere, kwepers of appelkose.
Sny die klokhuise uit of ontpit die vrugte en rasper of maal dit.
Resep: Marius de Beer