VARKTJOPS MET BEDRUIPSOUS (BASTING)

VARKTJOPS MET BEDRUIPSOUS (BASTING)
Aandete: Oondgebakte varktjoppie, gabakte aartappels, basmati rys, soetpampoen en groenbone met aartappel en uie.
Varktjoppie:
Sny ‘n ui onder in die oondpan.
Sout en peper tjoppies.
Plaas bo-op uie en smeer bastingsous oor.
Bak teen 180°C vir 30 minute of tot die bastingsous lekker taai raak.
Draai om en smeer anderkant met bastingsous en bak vir ‘n verdere 15 minute.

Bastingsous:
1 koppie water
¼ koppie olie
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
2 eetlepels sojasous

Kook goed deur. Maak ‘n klein bietjie maizena in water aan, voeg by en kook tot effens verdik.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld